Die tema van vanoggend (10 September) se erediens “Gefokus op God en ons Hoëpriester by God, maar ook op ander gelowiges” word behandel aan die hand van 2 Skrifgedeeltes : Johannes 13:31 tot 35 en Hebreërs 10:19 tot 25. Die teksvers is Hebreërs 10: 24 en 25.
Noukeurige aandag aandag aan mekaar met ‘n doel is belangrik maar met ons fokus gerig op God en ons Hoëpriester by God.
Die preekskets van dr Douw vind u deur te klik op “Sketse” op die voorblad.
Ons sing vanoggend Skrifberyming 12-6:2, 3 en 5; Psalm 79:5,6 en 9; Psalm 146: 4 en 8 (na die doop van ‘n verbondskindjie) en Skrifberyming 15-1:3, 4 en 5 .
U is hartlik welkom om deel te hê aan ons erediens en u kan dit doen deur hieronder op die pyltjie of op YouTube te klik.