Skip to content
Menu

Voorbereiding vir die Bybelstudie  30 November 2017

Bybelstudie vir komende Donderdag: (gebruik, indien moontlik, asb die ouer Afrikaanse Vertaling. Die verse hier onder kom uit hierdie vertaling.)

Lees weer Miga 4:14-5:14. Die klem sal Donderdag op verse 4-7 val.

  1. VERSE 4-5: Dit blyk dat Miga in vers 4-5 die boodskap in ‘n ABC DD ABC patroon gegiet het. Motiveer. Onderstaande kan help.

vers 4 (A) En Hy sal vrede wees.

(B)Wanneer Assur in ons land kom

(C) en hy ons paleise wil betree,

(D) sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja,

agt vorste uit die mense.

(D) vers 5 En hulle sal die land Assur met die swaard

afwei en die land van Nimrod by sy ingange.

(A) So sal Hy ons dan van Assur bevry,

(B) wanneer hy in ons land kom

(C) en ons grondgebied betree.

  1. Verse 6-7: Dit blyk dat Miga die boodskap in vers 6-7 in ‘n patroon van ABC en ABC gegiet het. Motiveer.  Onderstaande kan help.

(A) vers 6 Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke

(B) wees soos dou van die Here, soos reënbuie op die plante,

(C) wat op geen mens wag nie en ter wille van geen

mensekind vertoef nie.

(A) vers 7 En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies

(B) sal onder baie volke wees soos ’n leeu onder die diere van die woud, soos ’n jong leeu onder troppe kleinvee;

(C) wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red.

  1. In verse 1-3 het Miga gehandel oor die Heerser wat in Betlehem gebore sal word.  Ons het verlede week gesê dat dit duidelik wys op Jesus Christus wat in Betlehem gebore is. Wat is volgens vers 4a die uitstaande kenmerk van die Heerser wat in Betlehem gebore sal word (Lees ook Jesaja 9:5 die laaste benaming van die Kind wat deur Jesaja beskryf word.)
  2. Hoe sal Hy wat Self Vrede is en wat as Heerser uit Betlehem kom, volgens vers 4-5 aan sy volgelinge van vrede voorsien.
  3. Gee hierdie Heerser tans aan ons hierdie soort vrede?
  4. Waartoe lei dit volgens vers 6 dat die Heerser uit Betlehem aan sy volgeling vrede gee? Sê ook hoe ons as gelowiges soos dou onder die volke kan wees.
  5. Waartoe lei dit dat die Heerser uit Betlehem volgens vers 7 aan sy volgelinge vrede gee? Sê ook hoe ons gelowiges soos ‘n leeu onder die diere kan wees.