Vanoggend 25 Februarie se erediens is gerig op die viering van die Heilige Nagmaal. Die Skriflesing is 1 Petrus 3:13 tot 22 en met vers 19 as teksvers.
Die tema vanoggend is :“Onvervreembare geborgenheid want Hy is deur die Gees lewend gemaak” Christus lewe en ek kan dus in ‘n onvervreemde geborgenheid getrou bly.Vrees en intimidasie ontneem my nie my geborgenheid nie.Uit verse 18-25 kan ons 3 sake uitlig
- ‘n Onregverdige voor God
- Die intimidasie van getalle
- die werklikheid van die bo-natuurlike.
Die hoof gedagte van die nabetragting is :“Biddend met ‘n goeie gewete leef!”
Die volledige preekskets vind u deur op Sketse op hierdie webwerf se voorblad te klik.
Ons sing vanoggend Psalm 9:1,5 en 6; Psalm 91:1 en 3; Psalm 23:3; Psalm 116 (na elke nagmaalstafel) en Skrifberyming 1-2:1,2 en 3.
Ons nooi u uit om via die videouitsending die erediens te beleef!