Skip to content
Menu

Bybelstudie vir Donderdag 24 Mei 2018

Groepe 1 en 3 en die groep te Huis Nazareth doen die volgende :

Lees Johannes 15:18-16:4. Die klem van die Bybelstudie sal op 15:26 val.

  1. Hoe gebeur dit volgens vers 19 dat gelowiges nie tot die wêreld (die heidendom) behoort nie?
  2. Wat moet Jesus se volgelinge volgens verse 18 en 20 onthou wanneer die wêreld teenoor hulle vyandig is en hoekom sal dit hulle help om die vervolging te verwerk?
  3. Wat is die kernoorsaak volgens vers 21 waarom die wêreld negatief reageer wanneer die gelowiges die evangelie verkondig?
  4. Hoekom sou mense wat die evangelie verwerp, volgens verse 22-24, nooit kan beweer dat hulle onskuldig is in hulle optrede nie?
  5. Wat sal die Voorspraak (die Heilige Gees/Parakleet) volgens vers 26 in antwoord op die vyandigheid van die wêreld doen? (wenk: duidelik nie ook vyandig optree nie.)
  6. Jesus se volgelinge behoort nie die vyandigheid van die wêreld met vyandigheid te beantwoord nie.  Motiveer uit vers 27.
  7. Wat behoort die gelowiges dan volgens vers 27 te doen?
  8. Die Voorspraak (Heilige Gees/Parakleet) se getuienis sal in hierdie wêreld sigbaar word wanneer gelowiges getuig. Motiveer uit vers 26-27.
  9. Die gelowiges sal vanweë die Heilige Gees se werking wel in staat wees om te midde van vyandigheid te “getuig.” Motiveer uit vers 26-27.
  10. Die kern van wat Jesus se volgelinge in hierdie wêreld moet getuig, handel oor Jesus Christus. Motiveer uit vers 26-27.
  11. Vergelyk Johannes 14:26 en Johannes 15:26. Watter ooreenkomste sien u in die twee verse en watter verskille bemerk u?  Dink u die verskille dui op teenstrydighede?  Motiveer u antwoord.