Die Skriflesing (die hoogtepunt) vir vanoggend se erediens is Lukas 11:1 tot 13 met vers 9a as teksvers.
Die tema vir die erediens waartydens ons ook die Heilige Nagmaal vier, is :“Dat dit Hy is wat die versekering gee, maak vir die bidder die verskil”
- Juis Sy versekering gee aan my ware vertroue in my gebede
- Bidder, aanvaar in geloof Sy versekering oor wat in die hemel gebeur.
- Aanvaar ook Sy versekering wat in antwoord op jou gebed op aarde gebeur (nabetragting)
Die liturgie vir die erediens is soos volg:
- Votum
- Aanvang-seën
- Sing: Ps. 45:10, 12, 14
- Geloofsbelydenis
- Nagmaalsformulier en gebed.
- Sing: Sb. 4-6
- Skriflesing: Lukas 11:1-13
- Teks: vers 9a
9 “Ek sê vir julle: …”
- Woordverkondiging
- Sing Ps. 23:1
- Nagmaalviering
- Sang tydens die viering: Ps. 116
Nabetragting
- Teks: vers 13
- Woordverkondiging
- Gebed
- Liefdegawe
- Sing: Ps. 81:1, 11, 12
- Slotseën
U kan op die video-uitsending inkyk deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik. Vir die oudio-uitsending moet u op “oudio” op ons voorblad klik.