Die Skriflesing vanoggend is 2 Petrus 1:1 tot 11 met vers 5a as teksvers. Die tema is : “Verryk jou geloof. Dit is uiters kosbaar.
- My kosbare geloof moet ek met ywer verryk.
- Die eintlike weerbaarheid is geleë in ‘n verhouding.
- Geloofsverryking bied sekerheid vir nou en vir die toekoms.
Die volledige preekskets vind u deur op ons webwerf se voorblad te klik op “Sketse”.
Ons sing vanoggend Psalm 47:1 en 4; Psalm42:1 en 43:2; Lied 233:1 en Psalm 16:1 en 3.
U word hartlik uitgenooi deel te hê aan die erediens deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik. Die oudio-uitsending is ook beskikbaar.