Die Skriflesing vir vanoggend 23 Desember se erediens is Markus 1:1 tot 11 met die klem op vers 9. Dr. Douw gebruik as tema :“Merk in die Verlosser se verstommende nederigheid, eenheid en oorwinning”
Die volledige preekskets vind u onder “Sketse” op ons voorblad.
Ons sing vanoggend Skrifberyming 12-6:2, 3 en 4; Psalm 72:10 en 11; Psalm 67:1 en 2 en Psalm 66:1 en 2.
U word van harte uitgenooi om deel te neem aan die erediens deur via die kruisie of YouTube hieronder in te loer of deur in te luister deur te klik op “Oudio” op ons voorblad.