Skip to content
Menu

Die Skriflesing vir vanoggend 25 Desember is Lukas 2:1 tot 20 en die teksvers is vers 14. Dr Douw se hoofgedagte is : “Toe breek alle hemel los.” U vind die volledige preekskets onder die skakel “Sketse” op ons voorblad.

Alhoewel die normale begintyd vir ‘n oggenderediens (9.00) wel gevolg gaan word, gaan daar reeds om 8.45 begin word met samesang wat sal bestaan uit 6 kersliedere.

Die volgende kersliedere gaan vooraf gesing word :

Lied 353:1,2 en 3 : Die Heiland is gebore

Lied 344:1,2 en 3 : O die goeie tyding

Lied 345 :1,2 en 4 : Kom, alle getroues

Lied 354: 1,2,3 en 4 (beurtsang) : O Christus, ons verlange

Lied 358:1 en 3 : Welkom, o stille nag van vrede

Lied 348 :1,2 en 3 : Stille nag, heilige nag!

Tydens die erediens sing ons Psalm 145: 8, 9 en 10; Skrifberyming 12-3:1,2 en 3 en Psalm 51:1 en 5 (direk na mekaar); en Lied 364: 1 en 3 en Psalm 40:2 en 3 (direk na mekaar)

Ons nooi u hartlik uit om saam met ons deel te hê aan die vreugde van die Kerstyd. Klik op die driehoekie of op YouTube hieronder ten einde in te loer!

Ons verwelkom ook graag die lidmate van die GK Alkantrant wat hierdie jaar ons gaste is en saam in ons kerkgebou byeenkom.