Die Skriflesing tydens vanoggend 6 Januarie se erediens is Jeremia 11:18 tot 12:6. Dr Douw se tema is Saam met die voetsoldate in 2018 en dalk saam met die perde in 2019?
- God is tog regverdig. Hoekom tree Hy nie op nie?
- Ons is tog Sy kinders. Hoekom stel Hy ons bloot?
- Hy het ons tog geroep en stuur ons. Hoekom is ons dan telkens aan die verloorkant?
Die volledige preekskets vind u onder “Sketse” op ons voorblad.
Ons sing vanoggend Lied 458:1 en 2 vooraf; Psalm 68:9 en 15; Psalm 86: 3 en 6; Psalm 49:2,4 en 6 (omdigting) en Skrifberyming 14-2.
Neem deel aan ons erediens : klik op die driehoekie of YouTube hieronder. U kan ook inluister deur op Video op ons voorblad te klik.