Die Skriflesing vanoggend 13 Januarie is Sagaria 1:1 tot 17 met die klem op vers 14. Die tema vir die erediens is : “(N)Iemand weet, (n) Iemand gee om en (n)Iemand doen iets (nie).”
- (N) Iemand weet (nie)
- (N) Iemand gee om (nie)
- (N) Iemand doen iets (nie)
U vind die volledige preekskets op ons voorblad deur te klik op “Sketse”
Ons sing vanoggend Lied 304: 1 en 2 (vooraf); Psalm 93:1,2 en 4 : Psalm 124:1 en 4 en Psalm 91:5 en 8.
Aan die begin van die nuwe jaar wil ons u ‘n geseënde 2019 toewens en, soos in die verlede, u hartlik uitnooi om deel te neem aan ons eredienste hetsy deur in te loer in die videouitsendings of in te luister na die oudiouitsendings