Die Skriflesing vir vanoggend 27 Januarie is Sagaria 2:1 tot 13 met die klem op vers 5. Die tema is:“Insig in die Here se ryk gee ware betekenis aan my lewe”
- Gelowig en tog sonder ywer in die Here se diens.
- Met insig in die Here se ryk, kom nuwe ywer.
In die gesig wat Sagaria sien, openbaar die Here :
- die grootsheid van sy ryk;
- die geborgenheid by die Koning van die ryk;
- die heerlikheid van die ryk;
- die andersheid van hulle wat tot die ryk behoort.
Ons sing vanoggend Lied 199:1 en 2 (vooraf); Skrifberyming 1,2,4 en 5; Psalm 61:1,2 en 3 en Skrifberyming 18-7:1, 5 en 8.
U kan die erediens volg via die oudioweergawe (klik op Oudio op ons voorblad) of die videoweergawe (klik hieronder op die driehoekie of op YouTube)