Die Skriflesing vanoggend 14 April is Jesaja 53:1 tot 12 en Markus 15:1 tot 20 met die klem op Markus 15:18. Die tema van die erediens is:” Verstaan jy, anders as die soldate, wat kort voor die kruisiging gebeur het?”
Lyding:
Wêreldse koning of Messias-koning ?
Magteloos of gehoorsaam?
Held of oorwinnaar?
U kan die volledige preekskets lees deur te klik op Sketse op ons voorblad.
Ons sing vanoggend Lied 231:1 en 3 (vooraf); Psalm 73:11 en 12; Psalm 19:4 en 6 en Skrifberyming 5-2:5 en 8.
U is welkom om deel te neem aan die videouitsending van ons erediens deur hieronder te klik op die driehoekie of op YouTube.