Ontmoet en bely
- Ons verklaar ons hulp is van Hom; en sing biddend Ps. 123-2:1 (p.615)
- Hy seën ons groetend
- Ons eer Hom met die kragtige doksologie van SB 1-6:1-3 in beurtsang:
Die refrein (laaste 2 versreëls) word by vers 1 deur die broedes gesing en by vers 2 deur die susters en kinders. Vers drie word in geheel deur almal saam gesing.
(Aanv. Ps-boek 2012, p.5; melodie dieselfde as dié van Lied 199)
Hoor om te luister
- Epiklese-gebed (gebed om die verligtende werking van die Gees)
- So spreek die HERE: Jes. 28:23-29 (1983-vert.)
- En laat sy woord verkondig deur die verligtende werking van sy Gees met as teks Jes. 28:23,29, en as tema:
Die wyse hemelse boer maak ʼn plan – ook met sy klein komyn
Dank op dank
- Ons sing van sy versorgende liefde uit Jes. 40, berym in SB 11-1:1,11
- Ons dank Hom biddend uit die diepte van ons harte
- En maak ons harte en hande oop in die diens van barmhartigheid
- Ons sing in dankbaar berustend in sy beleid: Ps. 131-1:1,2,3 (p. 643)
Hy stuur ons seënend uit na die erediens van die lewe
- En ons be-amen dit as ons sing: “Vir ewig en ewig, amen…” (slotreël van die Onse Vader; SB 10-2)
Die diens word intyds uitgesaai asook opgeneem vir latere luister of inkyk deur video.