Afhanklikheid en belydende loftaal by die ontmoeting
Woorde van Ps. 61-1:3 en 6 voorgedra; sing Ps. 134-1:4 (p. 653) se seënbede:
“Laat, HEER, u seën op ONS daal,…” (votum)
Groetseën
Dag van verlossing! Kyk, Hy kom!: Sing SB 3-3:1, 2, 5, 6 (lofsang)
Geloofsbelydenis
Die lof van geloof: In God se almag lê ons krag…Sing Ps. 84-2:4, 5 (p. 427)
Verootmoedigend in versoeningsdiens
Afkondiging van die Wet – SB 9-2 voorgedra
“God is liefde!” juig ons harte Sing Lied 334:1, 2, 3, 4 as antwoord in beurtsang: Vers 1 almal; vs. 2 srs. en kinders; vs. 3 brs.; vs. 4 almal
(Aanvl. Psalmboek p.30)
Ontvanklik vir die Woorddiens
Gebed om die verligting van die Gees
Skriflesing: Jer. 1:1-19
Teks: Jer. 1:11-12
Prediking:
In die winternag van die wêreld lewenslank in diens van die wakende wakker God se Woord
Amenlied: Maar één ding, daarna verlang ek – // dis die rykdom van u woord… Ps. 119-1:7, 19 (p. 587, 591)
Matelose lof in ons antwoorddiens
Dankgebed
Liefdesdiens
…ruis nou…- // die nuwe reddingsboodskap voort’: SB 1-1:3,4,6,7 as slotsang (2e melodie asb.: Johannes Bastiaans 1868)
Uitstuurseën
– en ons be-amen alles met die sing van die heel laaste versreël van die Onse Vader, SB 10-2: Vir ewig en ewig, amen…