Skip to content
Menu

Lees:   Josua 1:1-9 Teks:   Josua 1:9

WEES VASBERADE EN STERK

1.    Die opdrag

Die opdrag wat die Here vir Josua gee is baie duidelik. Gaan na die land toe wat Ek aan die Israeliete gee. Die vervulling van hierdie opdrag vereis aktiewe inset. Die belofte van die beloofde land moet toegeëien word.  Die Israeliete kry nie die land omdat hulle dit gaan verower nie, hulle verower dit omdat hulle dit gekry het. Ons staan vandag op ‘n ander grens. Ons kyk uit na beloofde land wat kom. Hier moet ons volhardend ons opdrag uitvoer. Die gawes van ons Here Jesus Christus moet ons deur die geloof omhels.

2.    Die belofte

Wees sterk en vol moed. Wees vasberade. Moenie skrik nie en moenie bang wees nie, want Ek die Here jou God is by jou. Oral waar jy gaan. Nooit is ons alleen nie. Deur Jesus Christus is ons werklik nooit alleen nie. Hy lei ons altyddeur met sy Woord en Heilige Gees.

3.    Die praktyk

Die opdrag en die belofte van die Here is duidelik.  Nou moet ons met die belofte van die Here die opdrag uitvoer. In die praktyk is dit nie altyd so eenvoudig nie. Die duiwel maak dit soms baie moeilik. Die Here rus ons toe vir die stryd. Leef met Christus voor oë. Dien Hom met alles wat jy is en het, altyd. Wees vasberade en sterk.