Lees: 1 Timoteus 3
- Wat is die verband tussen 1 Timotheus 3 en Eksodus 18? In besonder as daar na Eksodus 18:21 gekyk word.
- Wat is ‘n ouderling? Vergelyk met Handelinge 20:27,28; Filippense 1:1 en Titus 1:6,7.
- Watter vereistes stel die Here aan iemand wat as ouderling dien? (vers 2-7)
- Wat is die verskil tussen die vereistes vir ouderlinge en diakens? (vers 8-13)
- In hoeverre het die organisasie van die kerk en die ampte met die kern van die geloof te maak? Watter waarde het 1 Timotheus 3 vir ons manier van kerkwees vandag? Regeer Jesus Christus ons gemeente plaaslik?
- Wat is die doel van die ampte as dit met vers 15 in verband gebring word? Vergelyk ook met Efesiërs 4:11-16.
- Hoe verstaan ons vers 16 in die lig van die voorafgaande gedeelte?
- Wat maak God oor Homself aan ons in die gedeelte bekend?
- Watter opdragte gee Hy vir ons persoonlik en ook as gemeente?