Lees: Mattheus 3:13-17 Mattheus 28:16-20
Belydenis: NGB Artikel 8 Teks: Mattheus 3:16,17
ONS KEN GOD AS VADER, SEUN EN HEILIGE GEES
1. So maak Hy Homself bekend
Oor die Drie-eenheid van God is daar baie vrae. Hoe werk dit nou? Hoe kan iemand een en drie op dieselfde tyd wees? Vir baie mense is dit nie logies nie, ingewikkeld en moeilik om te verstaan. Tog gaan dit hier oor ‘n kern onderdeel van ons geloof. So maak die Here Homself aan ons bekend. Ons hoor dit in die doop opdrag: “Doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.”
2. So word Hy deur ons erken
Vanuit die Woord kan ons God in sy Drie-eenheid erken. Ons ken 0ns Vader. Hy het jou lewe gegee. Hy het jou gemaak. Met jou ‘n verbond gesluit en jou as sy kind aangeneem. Ons ken die Seun. Hy het jou gered. Vir jou verlossing betaal Hy met sy bloed. Hy was jou skoon van al jou sonde en ellende. Ons ken die Heilige Gees. Hy werk en woon in jou. Die Here se genade stroom in jou deur sy werke. Hy rig jou op Jesus Christus en help jou in die stryd teen die sonde.