Skip to content
Menu

2 Korinthiërs 1:12-24
HK Sondag 52 v&a 129

‘Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle “ja”; daarom sê ons deur Hom ”amen” aan God, tot sy eer.’

AMEN – DIT IS VAS EN SEKER

Daar is net ’n paar woorde in die wêreld, wat deel vorm van elke taal. Een van hierdie woorde is die woord amen. Dit is ’n woord wat ons gereeld gebruik, en ook amper alle mense oor die wêreld. As jy iemand hoor bid, of dit nou in Duits, Koreans, Frans, Xhosa of Tswana is, elke gebed word afgesluit met die woord amen. Een rede hiervoor is dat die woord amen meestal onvertaald oorgeneem in ons Bybels, van die grondtale af. Wat beteken hierdie woord? Hoekom leer Jesus ons om ons gebede juis hiermee af te sluit? Die woord beteken dit is vas en seker.

Ons gebruik van amen

Die woord amen beteken dit is vas en seker, soos wat ons in die Heidelbergse Kategismus bely. In die Bybel word dit op meerdere plekke deur ons geloofsvoorouers gebruik. Onder andere in die 1 Korinthiërs. Daar waar ons amen gebruik stem ons in met die Woord van die Here. Amen – Here op basis van u Woord glo ons vas en seker dat u ons gebede sal verhoor.

Jesus Christus die amen

Jesus Christus gebruik ook ’n aantal keer die woord amen. In die voorwaar, voorwaar uitsprake is die woord in Grieks wat ons as voorwaar vertaal, amen. Hy is ook die Amen – ‘Dit sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die Skepping van God.’ (Open 3:14) Waar ons dié woord gebruik doen ons dit op basis van Hom ons Redder die Amen.

Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com