Romeine 14:1-12
HK Sondag 1 v&a 1
‘Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons leef, leef ons immers vir die Here; en as ons sterf, sterf ons vir die Here. Of ons dan lewe of sterwe, ons behoort aan die Here.’
JESUS CHRISTUS – ONS ENIGSTE TROOS IN LEWE EN STERWE
Troos – ’n Klein woord wat baie betekenis het. Hierdie woord kan jy aan ’n paar dinge koppel. Troos laat jou dink aan vashou. Dit waarop ek kan vertrou. Daar waar dit vir my veilig is. Dit is iets wat jou gelukkig maak. ’n Hartseer kind vind troos in die arms van sy moeder. Wie ’n groot verlies gely het, kry steun in opregte meelewing. Troos word gekoppel aan verdriet. Jy word getroos wanneer jy hartseer is. Troos is ’n goeie gevoel. Dit is ’n onmisbare gevoel. Hierdie invalshoek word in ons belydenis gebruik. Ons aandag word gerig op die kern van die evangelie. Want waar in hierdie lewe vind jy troos? Waar voel jy veilig? By Jesus Christus!
Getroos dat ons eiendom van Jesus Christus is
Ons troos bestaan daaruit dat ons eiendom van Jesus Christus is. Ek behoort nie aan myself nie. Ek behoort nie aan jou nie, ek behoort nie aan iemand anders nie. In Romeine 14 sê Paulus die volgende: ‘Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
Getroos in die voorsienigheid van die Vader
Ons vind troos daarin dat God die Vader ons beskerm, dat daar sonder sy wil nie ‘n enkele haar vanaf jou kop sal val nie. Ons mag lewe in ‘n liefdevolle verhouding met ons Vader. ‘n Verhouding wat deur die dade van Jesus Christus herstel is. Hy het ons weer met ons Vader versoen.
Getroos dat die Heilige Gees geloof in ons harte bewerk
Christus is ons troos. Van hierdie troos mag jy seker wees. Hierdie sekerheid word deur die Heilige Gees bewerk. Deur die Heilige Gees weet ons dat ons saam met God in ewigheid sal leef en dat ons nou al van harte bereid is om vir God te lewe. Juis in hierdie sekerheid word die troos vas
Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com