Maleagi 1:1-5
Romeine 9:6-21
‘Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad, maar Esau het Ek gehaat…’
DIE LIEFDE VAN DIE ALMAGTIGE GOD
Maleagi is een van die minder bekende profete in die Bybel. Daar is twaalf klein profete. Dit beteken dat hulle kort boeke geskryf het. Maleagi het die Here na sy volk toe gestuur. Hy moes vir hulle ’n boodskap bring. Dit doen hy op ’n besondere manier. Maleagi verkondig nie die Woord van ’n kansel af nie. Hy roep nie ’n klomp mense in Jerusalem bymekaar, en lewer vir hulle ’n monoloog nie. Nee, hy beweeg tussen die mense rond. Die vorm van sy boodskap is nie ’n preek nie, ook nie ’n leerrede nie, maar ’n gesprek. Hy praat met die mense. Die boek het die vorm van ’n dialoog. Daar word vra gestel. Daar word vra geantwoord. Die mense bring hulle twyfel en probleme na vore. Die profeet gee dan die Here se antwoord. Hy verduidelik, hy lê uit, hy bemoedig, hy spreek hulle aan en hy vermaan hulle. God begin deur sy liefde aan sy volk bekend te maak. Al is hulle verskriklik ongehoorsaam, het God hulle nogsteeds lief.
Die boodskapper
Die boodskapper is Maleagi. Oor hom is daar nie baie bekend nie. Ons weet dat hy in die vyfde eeu voor Christus geleef het. Ook was hy die laaste profeet voor die koms van Christus. Sy naam beteken boodskapper. Oor die tyd waarin hy geleef het, en ook geprofeteer het is meer bekend. Dit is in die tyd na die ballingskap. Israel het teruggekeer na die beloofde land toe. Die stad is herstel, maar die Messias het nogsteeds nie gekom nie. Die volk word moedeloos. Hoe lank nog voor verlossing kom?
Die moedelose volk
Die Here begin sy gesprek met die volk met die woorde; ‘Ek het julle liefgehad sê die Here.’ Dit is wat die Here sê. Ek het jou lief, maar die volk is moedeloos. Hulle antwoord op die Here se liefde is skokkend: ‘Waarin het U ons liefgehad?’ U sê U het ons lief, maar waar is die liefde dan? Hoekom kan ons dit nie sien nie? Daar sit ’n opstandigheid in hulle.
Die liefde van God
Waarom het God hierdie klomp mense lief? Waarom het die Here vir jou lief? Die Here toon vir hulle aan dat hulle liefde op verkeerde plekke soek. Die liefde van God sal jy nie vind in aardse middele nie. Dan soek jy op verkeerde plekke. Die liefde van God vind ons by Jesus Christus. Daarin sien ons baie duidelik wat die liefde van God vir ons is. Sy liefde ontvang ons deur sy uitverkiesing.
Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com
LITURGIE
Ps. 93:1,2,3
Ps. 51:1,8
Sb. 1-1:1,7
Onse Vader
Ps. 33:1,6,11