Skip to content
Menu

Nehemia 2

Ek het hulle toe geantwoord. Ek het vir hulle gesê: “Die God van die hemel, Hy sal ons sukses laat behaal. Ons, sy diensknegte, sal gereedmaak en herbou. Maar julle het geen deel aan, geen reg op, of geen nalatenskap in Jerusalem nie.”

GOD WERK DEUR MENSEHANDE

Nehemia is in rou oor die toestand in Jerusalem. Weke lank is hy bedroef oor hierdie saak. Hy het hieroor gebid. Hy het vir die Here gevra dat dit beter kan gaan. Hy het voorbidding vir sy mense gedoen. Nou vier maande later gaan die verhaal verder. Nehemia sit nie met sy hande gevou nie. Hy dink nie hy het nou sy deel gedoen, die Here moet nou maar aangaan nie. Nee hy plaas homself as instrument in die Here se hand. Nou is dit die maand Nisan. Nehemia 2 begin in die troonsaal van die koning. Hier sien ons dat die woorde van gebed, oorgaan tot dade. Bid en werk – Ora et labora. Die Here se woord is duidelik ook hier vir ons.Ons het laasweek gesien hoe verandering begin.Hoe herstel moontlik is.Dit begin deur gebed.Deur dit wat verkeerd is voor die Here te bely,om te vra vir inkeer.Vervolgens met die Here se hulp,kom daar aksie.Die Here het ons as mens na sy beeld geskape.Hy gee vir ons gawes en talente om te gebruik.Om ten volle in sy diens te staan.Om Hom te dien en eer met elke aksie,elke daad wat ons doen.

Organisasie met God se hulp

Nehemia reël dat alles in plek is, sodat hy die wil van die Here kan uitvoer. Sy opdrag is duidelik – hy moet Jerusalem toe om die stad te herstel. Met die Here se hulp is hy in staat om alles reg te organiseer. By die koning kry hy die regte papiere om aan te toon hy het toestemming om die werk te verrig.

Inspeksie in God se diens

Aangekom in Jerusalem begin Nehemia met inspeksie. Voordat hy hierdie groot taak aanpak, doen hy behoorlike voorwerk. Ons sien hoe staan hy in die Here se diens. Hy is nie bombasties en deel opdragte uit nie. Nee! – diensbaar voer hy die opdrag self uit wat die Here vir hom gee.

Motivering vir God se koninkryk

Nehemia is ’n puik leier. Nadat hy sy voorwerk klaar gedoen het, nadat hy presies weet wat moet gebeur, begin hy met die werk. Hy motiveer al die mense in Jerusalem om deel te neem. Vurig volg hulle hom. Hier is ’n man wat werklik in diens van die Here staan. Hy praat nie net nie, hy bou aan die koninkryk van God.

GESPREKSPUNTE
1. Wat beteken die woorde “Ons sal gereedmaak en herbou” vir jou, in besonder as jy dit dan ook deurtrek na jou geloofslewe?

2. Wat raak jou die meeste in die gedeelte oor die optrede van Nehemia?

Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com