Lees: Eksodus 31:12 – 18 Teks: 16 Sing: Ps. 92:1, 4; Sb. 9-1:11; Ps. 63:3.
Ons noem die band tussen God en die mens verbond. Anders as ʼn kontrak waar albei partye inspraak het, bepaal God alleen wat die bepalings is. Hy kan, want hy maak nie foute nie Ons koppel gewoonlik twee tekens aan die verbond: Doop en Nagmaal.
Sakramente preek: Christus het gesterf vir jou sondes.
Tog praat ons teks van die Sondag as ʼn verbondsteken!
Sien die briljante logika:
1. God maak Hom een keer aan jou vas (Doop)
2. God herinner jou sigbaar 4 maal per jaar (Nagmaal)
3. God herinner jou weekliks hoorbaar: Christus het gesterf dat jy kan lewe