Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.
Skriflesing: Mattheus 24:36-51 Sing: Psalm 94: 1,2,4,12; Psalm 50: 1,8,9,10; Psalm 12:2,3,6,7; Psalm 123:1-2; Psalm 37:21-25;
‘n Uiteensetting van Mattheus 24
24:1-3 – ‘n Belofte aangaande die vernietiging van die Tempel
24:4-14 – Tekens dat Jesus terugkom
24:15-21 – Die vernietiging van die tempel
24:22-28 – Moenie in die laaste dae mislei word nie
24:29-35 – ‘n Openbare, seker en sigbare terugkeer wat alles sal verander
24:36-44 – Niemand weet die dag of die uur van Christus se wederkoms nie
26:45-51 – Die getroue dienskneg sal reg wees vir Christus se koms
Wat alles sal gebeur en plaasvind in die leeftyd van hierdie geslag (die dissipels)?
Dit is maklik om Matteus 24:32-35 te lees en te dink dat Jesus praat van sy wederkoms (v29-31) of die vernietiging van die Tempel (v15-21). Ons weet vir ‘n feit dat van die dissipels doodgemaak is voordat die tempel vernietig is (vgl. Hand. 12:2), ook dat Jesus se wederkoms nog nie plaasgevind het nie. Die dinge wat sal plaasvind en deur hierdie geslag gesien word moet dus ‘n verwysing wees na die algemene tekens wat Jesus se koms vooruitloop (v4-14, 22-28).
Preek uiteensetting:
1. Jesus se wederkoms sal heeltemal onverwags wees
2. Ons is waaksaam as ons gereed is want ons kan nie onsself gereed maak nie.