Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.
Beginsels en inpak
Skriflesing: Daniël 1:1-16 Fokus op vers: 8 Sing: Skb.72(12-3):1-2 / Ps.100:1-4 / Skb.26(9-1):6-11 / Ps.18:1,13 / Ps.33:5,6,11.
Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie.
- Die grond van sy voorneme – Beginsels
- Die inhoud van sy voorneme – Onderskeidingsvermoë
- Die uitvoering van sy voorneme – Impak
‘n Voorneme om tot eer van God en onder leiding van Sy Gees, positiewe en beginselvaste impak te maak, vra Godgegewe onderskeidingsvermoë.