Skip to content
Menu

Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.

Skriflesing:  Johannes 19:1-16 (AV 1933/53)      Teks:  Johannes 19:5       Sing: Psalm 138:1; Psalm 139:1, 12; Psalm 32:4; Skrifberyming 5-3:2; Psalm 138:2.

Preekopsomming:

Watter soort mens wil ons graag wees…? Pilatus het gedink dat hy Jesus as mens verneder toe hy Hom as ’n bespotte en mishandelde mens vir die skare wys. Jesus is egter in daardie toestand omdat Hy besig is om God en Sy medemense werklik lief te hê. Omdat dit is waarvoor God die mens gemaak het, is die Here Jesus hier vir ons ’n toonbeeld van hoe ’n mens behoort te wees. Sonder dat hy dit besef het, is Pilatus se woorde dus Goddelike waarheid:  Jesus is “die mens“, soos ons as kinders van God ook mens behoort te wees.