Skip to content
Menu

Lukas 18:9-14
2 Korinthiërs 5:14-21
HK Sondag 23

‘Dit bestaan daarin dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle nie hulle oortredings toe te reken nie; en Hy het aan ons die boodskap van

DIE REGVERDIGE SAL DEUR DIE GELOOF LEWE

Wat help dit nou dat jy dit alles glo? Dat God die Skepper van die hemel en die aarde is? Dat Jesus Christus sy Seun is wat vir ons kom sterf het? Oor die Heilige Gees en die kerk? Hoekom kom jy elke Sondag hierheen? Hoekom lees jy jou Bybel? Hoekom dien jy die Here? Wat beteken dit vir jou om dit alles te glo? Dit laat ons vanaand weer nadink oor ons geloof. Wat dit nou presies is. Of dit in ons harte leef. Of dit die motivering en rede is hoekom ons hier is. Kom ons deur geloof, of deur gewoonte? Glo ek omdat hulle rondom my glo? Omdat ek so opgevoed is? Hoe werk dit nou presies met my geloof? In kort die antwoord op die praktiese vraag: Wat het ek aan die geloof? ‘Dat ek in Christus voor God geregverdig en ’n erfgenaam van die ewige lewe is.’ Dit gaan hier oor die leer van die regverdigmaking. Dit weerklink amper soos ’n leuse deur die Gereformeerde kerke heen. Die gelowige is geregverdig deur die geloof. Die skarnier van die christelike geloof. Deur die geloof is ek in Christus voor God geregverdig.

Geregverdig deur die geloof

Deur Jesus Christus word ons geregverdig. Dit beteken dat jy volmaak voor God staan en ook volmaak bly. Dit is vir ons ’n groot wonder, want ons staan skuldig voor die Here. Elke dag breek ons sy wet, leef ons in sonde. Ons is selfs geneig tot die kwaad, maar deur Christus word ons regverdig. Hy tree in as ons Borg. Hy neem ons skuld op Hom en so staan ons voor God asof ons nooit sonde gedoen het nie.

Lewe in die geloof

Die geloof is onmisbaar om behoue te bly. Dit is alles bepalend. Deur die geloof word ons hele lewe verander. Ons geloof moet ons nie oorskat nie. Ons moet nie daarop gaan roem en dink dat ons iets kan verdien deur die geloof nie. Geloof is slegs ’n middel waarmee ons Christus omhels. Daardeur word ons verseker dat God ons aanneem.