Skip to content
Menu

Preekopsomming:-

  1. Agtergrond:- Esegiël is ‘n seun van ‘n priester wat saam met Juda na Babilonië in ballingskap weggevoer is. In die 5e jaar van ballingskap word Esegiël geroep om as profeet op te tree.  En in die 11e jaar van die ballingskap ontvang hy Eseg.37:1-14 se visioen.
  2. In die visioen word Esegiël geneem na ‘n laagte wat van alle kante af oortrek is met doodsbeendere – moontlik soos dié van ‘n weermag wat verslaan is. 
  3. Hierdie eienaardige visioen bestaan uit 3 dele.  Die 1e twee se tydsaanduiding is in die verlede en hede tyd.  Maar die 3e deel in die toekomende tyd.
  4. Eerste deel:- Esegiël moet tot die doodsbeendere profeteer en dan wanneer hy dit doen, word hulle oortrek met senings, vleis en vel soos wat hy geprofeteer het.
  5. Tweede deel:- Esegiël moet tot die gees (kleinletter; dis asem of wind) wat van die vier windstreke af kom, profeteer. En dan wanneer hy dit doen, word die doodsbeendere met lewensasem gevul sodat die aanvanklike dor doodsbeendere lewendig word soos wat hy geprofeteer het.
  6. Tot hiertoe het die HERE Hom geopenbaar as die Almagtige wat vir dor doodsbene lewe kán gee! Niks is vir die Here onmoontlik nie.
  7. Derde deel:- Hierdie deel kom in die toekoms in vervulling.  Soos wat die Here in Sy almag dor doodsbeendere deur Sy Woord kan herskep en nuwe lewe gee, so kan Hy ook in Sy uitverkore kinders die dorheid van hulle geloof en ook in hulle elke dag se lewe deur Sy almagtige Woord en Gees (hoofletter; dis die Heilige Gees) herskep en aan hulle ‘n nuwe en ewige lewe gee!
  8. Jóú doodloopstraat (byvoorbeeld:- huweliks- en gesinsprobleme, finansiële en gesondheidsprobleme, geloofsworstelinge, sondestraf) kan op die ou einde ‘n deurgang na ‘n lewe saam met God word!