Skip to content
Menu

Lees: Psalm 110: 1 – 7; Handelinge 2: 22 – 36     (1983-Vertaling);

Teks: Handelinge 2: 32 – 35     (1983-Vertaling)

Sing: Psalm 47-1 : 1, 4; Psalm 89-1 : 7; Psalm 98-1; Skrifberming 1-1 (24) : 5, 7;

Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.

Hoofpunte:

  1. Christus in Koningsheerlikheid afsluitend bely
  2. Christus regeer in Koningsheerlikheid
  3. Christus versorg, beskerm en bewaar in Koningsheerlikheid
  4. Christus in Koningsheerlikheid kom om te oordeel

In die belydenis oor Christus in Koningsheerlikheid, word die belydenis oor die Seun van God in artikels 2 – 7 van die Twaalf Artikels tot afsluiting gebring. Sy Koningsheerlikheid aan God se regterhand – as profetiese vervulling van Psalm 110 – omvat die volgende: deur Hom regeer die Vader alles; Christus versorg daarin dat Hy deur die Heilige Gees hemelse gawes uitstort; Hy beskerm en bewaar sy kerk, en kom weer om te oordeel – met as troos dat wie in Hom glo die ewige heerlikheid saam met Hom deelagtig sal wees. Vir elke lewensdag is gesterk en versterk te lewe … deur Hom in Koningsheerlikheid verhewe