Lees: 2 Korintiërs 3 (AV 1933/53)
Teks: 2 Korintiërs 3 (AV 1933/53)
Sing: Skrifb 8-2 (13) : 1, 2, 4; Psalm 69 : 12, 13; Psalm 107 : 1; Psalm 31 : 1, 5;
Inleidend
Het die Heilige Gees, wie se uitstorting ons vandag herdenk, ook in hierdie gemeente en in ons elkeen persoonlik kom woon en werk…?
Het die Heilige Gees, wie se uitstorting ons vandag herdenk, ook in hierdie gemeente en in ons elkeen persoonlik kom woon en werk…?
- Die nuwe era vanaf Pinksterdag
Op Pinksterdag kom die ou bedeling van die Wet tot ’n einde en breek die nuwe bedeling van die Gees aan. In hierdie nuwe bedeling gaan die Heilige Gees, wat volkome eensgesind met die Here Jesus is, dit wat Hy (Jesus) gedoen het, in die wêreld indra en op allerhande manier in die lewens van God se mense toepas.
- Hierdie nuwe era gekenmerk deur vryheid
Dis kenmerkend van die Heilige Gees dat daar vryheid kom waar Hy werk. Hy maak mense byvoorbeeld vry van die worsteling om met eie Wetsonderhouding God se guns te probeer verdien. Hy maak mense ook vry van die oorheersing deur sonde. Hy is ook die Een wat God se mense uiteindelik vry maak van verganklikheid en van die dood.
Ten slotte
Dit is nie allerhande wondertekens wat sal wys of die Heilige Gees in ons woon en werk nie. Ons sal weet dat Hy in ons is wanneer ons die vryheid beleef wat Hy bewerk.
- Die nuwe era vanaf Pinksterdag
- Hierdie nuwe era gekenmerk deur vryheid