Die brief aan die Efesiërs besing die Koningskap van Christus oor die kerk, en word dit duidelik – sommer reg van die begin af:
- Die kerk is nie ‘n menslike instelling of vereniging nie
- Dit is die skeppingswerk van Christus
- Dit het haar oorsprong by God in Christus
- Dit word deur Hom byeengebring en onderhou
- En dit word deur Hom regeer.
Gelowiges is verplig om die eenheid van die liggaam te bewaar in die manier waarop hulle leef.
Die feit is: as individue bring die Here mense tot geloof, maar dan voeg Hy hulle in gemeentes waar hulle een is met ander mense, wat hulle agtergrond ook al is – op grond van die feit dat hulle die een Here Jesus Christus aankleef.
Maar omdat God genadig is, gee Hy die gawe van die ampte; nie om die dienswerk wat die Here vereis namens die gemeente te verrig nie; maar om hulle daarvoor toe te rus.
11En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. 12Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. 13So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.
Efesiërs 4 : 11 – 13
Soos ‘n Romeinse Generaal sy soldate sou toerus met swaard, spies, wapenrusting, so is die werk van die ouderlinge, diakens en predikant om die gemeente so op te bou dat hulle in hulle dienswerk sal floreer.
Ds. Jan-Louis Lee
janlouis@scriptura.co.za