Tema:Geloof ÉŃ verantwoordelikheid
Die gelykenis van die ryk man en Lasarus (Lukas 16) is nie ’n oordeel oor rykdom of armoede nie, maar oor geloof. Jesus vertel hierdie verhaal om die Fariseërs aan te spreek wat geldgierig was en gedink het uiterlike voorspoed beteken dat ’n mens reg met God staan.
Die ryk man het elke dag in oorvloed geleef, geklee in purper en fyn linne, afgesonder agter die mure van sy huis.
Voor sy poort het Lasarus gelê – ’n man vol swere, honger en hulpeloos. Tog dra sy naam die betekenis: “God help.” Hy het niks gehad nie, maar hy het geglo. Hy het vasgehou aan die Here ten spyte van ellende en gebrek.
Toe albei sterf, verander alles. Lasarus word deur die engele na Abraham se boesem gedra – ’n beeld van vrede en gemeenskap met God. Die ryk man beland in pyniging. Selfs daar besef hy nie sy skuld nie: hy probeer steeds om Lasarus as ’n dienskneg te gebruik. Maar sy tyd is verby.
Jesus wys hiermee dat redding nie in afkoms, status of doop lê nie, maar in ware geloof – die geloof wat rus in God se Woord en sy beloftes. Die ryk man het ook die Skrif geken, maar hy het dit nie geglo nie. Abraham
Lukas 16:31 31Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
Hebreërs 11:1 DIE geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
antwoord hom: “Hulle het Moses en die profete – laat hulle na hulle luister.”
So herinner hierdie gelykenis ons dat die Here ons alles gegee het wat ons nodig het om te glo – sy Woord en sy Gees. Ware geloof beteken om Christus self te omhels, te vertrou op sy genade, en om Hom gehoorsaam te leef.
Want die Here kyk nie na wat mense sien nie – Hy kyk na die hart.
Ds. Jan-Louis Lee
janlouis@scriptura.co.za