Skip to content
Menu

Die agtergrond van Psalm 46 vind ons in 2 Kronieke 32, 2 Konings 19 en Jesaja 37.  Sanherib, die koning van Assirië dreig met arrogante bravade Jerusalem en laster God.  By herhaling tart hy vir God, probeer hy die stad sover kry om oor te gee in sy mag.

Paniek, angs en kommer is aan die orde van die dag. In hierdie omstandighede plaas God sy kinders prakties in die skool van vertroue.  Anders as op skool, leer ons nie VOOR die toets nie, maar IN die toets.  Dit is hoe die Here sy kinders leer om op HOM en Hom alleen te vertrou. 

So word Psalm 46 in baie kringe die ‘Hooglied van die geloof’ genoem.  Dit is ‘n geloofsbelydenis, ‘n lied van vertroue dat God, ongeag die omstandighede – getrou bly.

God word telkemale in die Skrif as die Toevlug of Sterkte besing.  Letterlik beteken daardie woorde dat God ‘n plek van vertroue is.  Hy bied skuiling waar daar andersins nie skuiling is nie. Hy is die bron van ons sekuriteit, plek van veiligheid waar sy kinders telkens kan kom skuil.

Benoudhede kan daarop geen invloed hê nie, maak nie saak hoe beperkend die omstandighede ook al mag wees nie. Die Here beskerm sy kinders van geloofsentevrees. En hierdie belydenis bied ons as kinders van God die troos dat al sou wat ook al gebeur – al sou die berges tot in die dieptes van die see val; al