Prediker: Ds. Lourens du Plessis | Kerk: GK Waterkloofrand | Datum: 30 Augustus 2026 om 09:00 | ▶ Kyk op YouTube
Wat ‘n verleentheid om uit ‘n feesmaal verwyder te word, net omdat jy nie reg aangetrek is nie!
Wanneer dit egter die Here self is wat iemand reg van toegang tot die Bruilofsfees van die Lam
weier, het dit implikasies vir alle ewigheid…
Waar ons met elke Nagmaal vooruit kyk en uitsien na hierdie ewige Bruilofsfees, kry ons die
geleentheid om nou al die regte klere aan te trek.
Wat behels dit om met die regte klere beklee te wees?
In Romeine 13: 14 word die Regte Kleed beskryf, en in Op. 19: & en 8 hoe mens hierdie Kleed kry.
Is jy reg aangetrek?