Prediker: Dr. Douw Breed | Kerk: GK Waterkloofrand | Datum: 11 Oktober 2026 om 09:00 | ▶ Kyk op YouTube
Daar is geen twyfel oor Jesus Christus se sentrale plek in God se plan nie.
– Hy is deur God uitverkore en vir Hom kosbaar (vgl. 2:4 en ook 1:20).
Hy is die “lewende Steen” wat “stene” lewend maak (vgl. 1 Pet. 2:4-5 en 1:3).
– Gelowiges ontvang van Jesus Christus die ware lewe – hulle word lewende stene.
– Hierdie lewende stene lê nie nutteloos rond nie. God bou hulle tot ‘n huis op.
– In hierdie huis woon God, ja, woon die Heilige Gees!
– Hierdie lewende stene dra vrug.
Hy is die hoeksteen wat God gee (vgl. 1 Pet. 2:6 en Jes. 28:16).
– Wie in geloof op Hom vertrou, sal te midde van die wêreld se spot nooit ware skande oorkom nie.
Hy is die steen deur wie die ganse mensdom in twee verdeel word (vgl. 1 Pet. 2:7-8; Ps. 118:22 en Jes. 8:14).
– Vir hulle wat Jesus Christus verwerp, is Hy nie ‘n rots om in te skuil nie, maar ‘n rots van struikeling.