Skip to content
Menu

Prediker: Ds. Lourens du Plessis  |  Kerk: GK Waterkloofrand  |  Datum: 8 November 2026 om 09:00  |  ▶ Kyk op YouTube


Daar is net 2 soorte mense op die aarde. Ons kan hulle groepeer as: gelowiges en ongelowiges, kinders van God en kinders van die wereld, gehoorsames en ongehoorsames…

En ook: Die wat Jesus se verskyning liefhet, en die wat Sy verskyning nie liefhet nie.

Met die uitdrukking: “Jesus se verskyning” word verskillende aspekte aangesny, nl. Jesus se eerste koms na die aarde, Sy tweede koms na die aarde, asook sy verskyning waartydens ons Hom weliswaar nie kan sien nie, maar Hom tog ontmoet.

Het jy Sy verskyning lief? Wat beteken die word liefde hier?

Elkeen wat Sy verskyning liefhet, ontvang eenmaal die kroon van geregtigheid / die oorwinningskrans!