Posted by Admin

Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.

Skriflesing: Eksodus 3:1 – 17 (1953-Vertaling)    Teks: Eksodus 3: 13, 14, 15         Belydenis: Sondag 36         Sing: Psalm 145-1 : 1, 2, 12; Psalm 19-1 : 4, 7; Psalm 135-1 : 1, 2; Psalm 115-1 : 1, 9.

Misbruik (verbod) en gebruik (gebod) van God se Naam

Ten grondslag aan die “HERE jou God se Naam”, lê die openbaring wat Hy oor Homself in sy Naam gegee het. God se Naam is eie aan Homself waardeur Hy Hom aan ons bekend maak. So openbaar Hy in die roepingsgeskiedenis van Moses wie Hy is: “EK IS WAT EK IS” (3:14). Dit is sy Naam vir ewig. Op die berg Sinai het die HERE die derde gebod betreffende sy Naam aangekondig. Op die spoor van die Kategismus, word hierdie toeligting op hierdié gebod gevolg: die misbruik, die ongebruik en die regte gebruik van die Naam van die HERE jou God. In die besef van ons gebrokenheid in gehoorsaamheid aan die derde gebod, kan dit ons net daarby bring om in oorgawe aan die HERE hiervoor te bid: “Laat U Naam geheilig word”.