Die regstreekse uitsending kan hie gevolg word.
Lees: Openbaring 8:1-13 (Afr 1953) Teks: Openbaring 8:1-13 Sing: Ps. 68-1: 1,2,5 / Ps. 61-1:1 / Ps.144-1:1 / Sb. 28b [10-2].
Die Here gee:- Stiltetyd, Reukwerk saam met Gebede, Oordele, Genade!
1. Inleiding:-
· Die Boek “Openbaring van Johannes” behoort eintlik bekend te staan as die “Openbaring aan Johannes”, wat Jesus Christus aan hom gegee het om op te skrywe “alles wat hy gesien het” (Op.1:1,2).
· Dis ‘n troosboek vir die verlosde kind van God by uitnemendheid!
· Die Here troos Sy kerk in tye van swaarkry en vervolging.
· Van hierdie swaarkry en vervolging sing ons in byvoorbeeld Psalm 68 en 144.
· Die kerkmens roep dikwels tot die Here soos wat ons dit in Psalm 61 sing.
· Op. 4:1 – 19:4 handel oor “die ontplooiing van God se raadsplan in die geskiedenis te midde van verwoede aanvalle van Satan”.
2. Waar pas Op. 8:1-13 in?
· Hierdie hoofstuk vorm deel van die oopmaak van die “boek met sewe seëls verseël, wat slegs deur die Lam geopen kan word” (vgl. 5:1-14).
· In hierdie verseëlde Boek staan die Raadsplan van God – Sy regering van alle dinge – opgeskrywe.
· Op. 6 vertel van die oopmaak van die eerste 6 seëls.
· Maar voordat die sewende seël oopgemaak word, word in Op. 7 beskryf dat die kerk van Christus deur al die eeue bewaar word om voor die troon van God te mag aanbid en in volle geluksaligheid die Here te kan dank en prys.
· Die oopmaak van die sewende seël en ook die eerste 4 van die oordele oor die ongelowige word in Op. 8 beskryf.
3. Die Hére gee:- Stiltetyd, Reukwerk saam met Gebede, Oordele, Genade…
· Voor die oordeelstrompette geblaas word, gee die Here ‘n “Stiltetyd”.
· Daarna gee Hy aan die 7 engele elk ‘n trompet.
· Daar is egter ook ‘n agtste engel – minder belangrik as die sewe met die trompette.
· Hý gaan met ‘n goue wierookbak by die altaar staan.
· Dan word daar baie reukwerk aan hom deur die Here gegee om dit te meng met die heiliges se gebede. Die sondige mens se gebede word deur die reukwerk “welriekend” en aanvaarbaar voor God gemaak (vgl. Rom. 8:26,27).
· Hierdie bak met reukwerk en gebede word met vuur gevul, en dan word dit op die aarde gegooi.
· Die reaksie? Die hele skepping kom in beroering weens hierdie gerig – die laaste oordeel van God in die algemeen gesproke (vgl. 8:5b).
· Noueers maak die trompetblasers gereed om te blaas!
· Met vier trompetblase word die eerste 4 oordele aangekondig:- die natuur, die see, die soetwater, laastens word die son en maan met vuur getref.
· Tussen alles heen, gee die Here Sy genade aan Sy kerk wat geheilig en dus welriekend gemaak is in die offerbloed van Christus, die Lam van God – hulle gebede word ‘n aangename geur en net ‘n derde van die skepping word verteer!
· Die troos is dat alles uit die hand van die Here gegee word soos wat Hy in Sy Raadsplan, in Sy Lewensboek, geskryf het! Alles werk ten goede vir die gelowige mee (vgl. Rom.8:28).