Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.
Skriflesing: Lukas 7:36-50 (AV 2020)
Teks: Lukas 7:48, 50b (AV 2020)
Sing: Psalm 71: 4, 5; Psalm 27: 4; Skrifberyming 17-2 (18): 5, 6, 7; Psalm 71: 10, 14.
Die Here laat ’n berouvolle sondaar in vrede gaan
- Wie hierdie vrou was.
Hierdie vrou was buitengewoon sondig, soveel so dat haar sondes haar lewe gekenmerk het. Die Here noem haar sondes „baie“. Die effek daarvan op haar verhoudings moes groot gewees het.
- Wat sy op ’n sekere dag gedoen het.
Sy het iewers die boodskap oor die genadige Jesus gehoor en na Hom toe gegaan. Teen alle etiket in het sy Hom by die ete, waar Hy was, met die reukolie, met haar trane van berou en met haar hare vereer.
- Wat die Here vir haar gedoen het.
Die Here jaag haar nie weg nie, maar aanvaar en verdedig haar verering teenoor Sy gasheer. Hy verseker haar ook dat haar sondes vergewe is en dat sy vorentoe in die vrede, wat van God af kom, kan lewe.
- Ten slotte.
Waarom is ons vanaand hier om die Here te dien? Ons behoort hier te wees, omdat ons elkeen – soos hierdie vrou – die Here se vergifnis en vrede gekry het, en nooit genoeg dankbaar daarvoor kan wees nie.