Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.
Skriflesing: Openbaring 1: 1 – 20
Teks: Openbaring 1: 10, 17, 18
Sing: Psalm 118-1: 12, 14; Skrifberyming 7-2: 1; Skrifberyming 15-7: 1, 2; Psalm 68-1: 9; Skrifberyming 15-1: 1, 2, 4.
Die boodskap van die Lewende se verskyning op ‘n Sondag
Op grond van hierdie mededeling in die Openbaring aan Johannes: “Op die dag van die Here is ek deur die Gees meegevoer …” (1:10), is te verkondig dat ons met die boodskap ván Sondag óp ‘n Sondag ons lewenspad ván Sondag tót Sondag nie uitsigloos tegemoetgaan nie. Die verkondiging hiervan – ook gedagtig aan die tyd tussen Jesus se opstanding en sy hemelvaart – staan in verband met die volgende as hoofpunte van die prediking:
- Jesus se verskyning aan Johannes op “die dag van die Here”
- “Die dag van die Here” in die tyd van Johannes op Patmos.
- Openbaring oor: “… wat nou daar is en wat hierna gaan gebeur”
- Die Lewensvors se bekendstelling in sy verskyning op ‘n Sondag
- Geloofsversterking op “die dag van die Here”
By Jesus Christus alléén – “die Eerste en die Laaste, die Lewende” (1:17,18) – is versterking vir elke dag en elke tyd in die (aardse) bestaan van die kerk te vind om nie moed in die wedloop van die geloof te verloor nie; om uitsig te bly behou op die beërwe van die beloofde ewige sabbatsrus.