Lees: Psalm 110: 1 – 7; Handelinge 2: 22 – 36 (1983-Vertaling);
Teks: Handelinge 2: 32 – 35 (1983-Vertaling)
Sing: Psalm 47-1 : 1, 4; Psalm 89-1 : 7; Psalm 98-1; Skrifberming 1-1 (24) : 5, 7;
Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.
Hoofpunte:
- Christus in Koningsheerlikheid afsluitend bely
- Christus regeer in Koningsheerlikheid
- Christus versorg, beskerm en bewaar in Koningsheerlikheid
- Christus in Koningsheerlikheid kom om te oordeel
In die belydenis oor Christus in Koningsheerlikheid, word die belydenis oor die Seun van God in artikels 2 – 7 van die Twaalf Artikels tot afsluiting gebring. Sy Koningsheerlikheid aan God se regterhand – as profetiese vervulling van Psalm 110 – omvat die volgende: deur Hom regeer die Vader alles; Christus versorg daarin dat Hy deur die Heilige Gees hemelse gawes uitstort; Hy beskerm en bewaar sy kerk, en kom weer om te oordeel – met as troos dat wie in Hom glo die ewige heerlikheid saam met Hom deelagtig sal wees. Vir elke lewensdag is gesterk en versterk te lewe … deur Hom in Koningsheerlikheid verhewe