Skip to content
Menu

Die saligsprekinge is die tipiese kenmerke van ‘n burger van God se koninkryk.  Agt keer word die gelowiges wat in die koninkryk leef, salig genoem en met die spreuke wys Jesus vir ons hoe die lewe van ‘n gelowige tipies behoort te lyk. 

Die eerste gedeelte omvorm ons verhouding met God:

  • Armoede van gees wat ons afhanklikheid van God teken
  • Treurend oor ons sondes
  • Sagmoedig en nederig voor sy aangesig
  • Met ‘n honger en dors na sy geregtigheid.

Volgende word die verhouding met ons naaste geteken.  Daarom word barmhartigheid nou aangespreek.  Barmhartigheid is ‘n wesenseienskap van God en behoort dus deel te wees van die wyse waarop koninkryksburgers leef.  Tog is dit nie iets wat natuurlik kom nie, en word dit aan ons geleer.

Jesus vertel by ‘n geleentheid ‘n gelykenis oor die aard van ware barmhartigheid en hoe dit ons naaste raak.  Die bekende gelykenis van ‘n man wat van Jerusalem af reis na Jerigo speel voor ons oë af.  Hy word aangeval, aangerand en vir dood agtergelaat.

Drie mense kom verby en sien sy nood en ellende aan.  Net een doen iets daaraan. 

Dit laat ons met ‘n belangrike definisie van wat barmhartigheid is:

Innige jammerte PLUS aksie. Die groot vraag is eindelik nie: WIE is my naaste nie.  Die groot vraag wat ons moet beantwoord is eindelik: WIE SE naaste kan EK vandag wees?

Psalm 103:1, 4 en 9

Agtergrond: Hierdie is een van die mees geliefde lofpsalms van Dawid. Dit is ‘n persoonlike oproep tot die eie siel om God te loof vir Sy verbondstrou. Die fokus lê op God wat nie met ons handel volgens ons sondes nie, maar met vaderlike ontferming.

Psalm 32:1, 3 en 6

Agtergrond: ‘n Wysheidspsalm (Maskil) waarin Dawid die verligting beskryf wanneer sonde bely word. Dit beklemtoon dat barmhartigheid begin by die vergifnis wat God aan die berouvolle sondaar skenk.

Psalm 18:12 en 13

Agtergrond: ‘n Koninklike danklied waar Dawid God loof vir redding uit die hand van sy vyande. Vers 26 (vers 12 in die beryming) is die direkte skakel na Matteus 5:7 – dat God Homself barmhartig bewys aan diegene wat barmhartig is.

Psalm 86:1 en 6

Agtergrond: ‘n Gebed van Dawid in ‘n tyd van benoudheid. Dit is uniek omdat dit God se karakter (genadig en barmhartig) as die enigste grond vir sy pleidooi gebruik. Dit pas perfek as antwoord op die roeping om soos die Samaritaan op te tree.

Psalm 145:1, 5 en 10

Agtergrond: Hierdie lofpsalm van Dawid (die laaste in die reeks) fokus op God se koningskap oor die hele skepping. Dit beklemtoon dat God se barmhartigheid oor al Sy werke strek – ‘n universele deernis wat ons in ons eie optrede moet weerspieël.

    Ontmoetingsdiens1. Votum en Seëngroet 
2. Psalm 103:1,4 en 9
3. GeloofsbelydenisNicéa
  Versoenings-en verootmoedigingsdiens    
4. Die Wet van die HereEksodus 20 (1953)
5. Psalm 32:1,3 en 6
6. Gebed om die verligting van die Gees (Epiklese) 
    Woorddiens  
7. Psalm 86:1 en 6
8. SkriflesingMatteus 5:3 tot 12 Lukas 10:25-37
9. Belydenis
10. FokusverseMatteus 5:7 Lukas 10:33-34; 47
  
Liturgiese formuliere (Doop/Nagmaal/Bevestiging ens)11.  
  Antwoorddiens 
12. Psalm 18:12 en 13
13. Gebed 
Kollekte
14. Psalm 145:1,  5 en 10
15. Wegstuurseën