Skip to content
Menu

Prediker: Prof Henk Stoker  |  Kerk: GK Waterkloofrand  |  Datum: 11 Oktober 2026 om 17:30  |  ▶ Kyk op YouTube


Abram is 99 jaar oud … en op sy knieë. Dit lyk of sy lewenswerk op niks gaan uitloop nie. God het aan hom en Sarai belowe dat hulle nageslag die beloofde land sal beërwe, maar hulle het geen nageslag nie en besit boonop nie eers ʼn stukkie grond in hierdie land van hul vreemdelingskap nie. Was alles dus verniet – ‘n lewe vol beloftes wat nie gerealiseer het nie? Toe verskyn die HERE aan Abram en sê (vs.1):

1) Ek is God, die Almagtige;

2) wandel voor my aangesig,

3) dan sal jy opreg wees.