Skip to content
Menu

Prediker: Ds. JL Lee  |  Kerk: GK Waterkloofrand  |  Datum: 1 November 2026 om 17:30  |  ▶ Kyk op YouTube


Luther het geworstel met een groot vraag: Waar kry ek ‘n genadige God? Hy het gevas, gebid, homself gekasty en gebieg, maar steeds geen rus vir sy gewete gevind nie. Eers toe hy werklik in die dieptes van die evangelie delf, het hy verstaan dat vergifnis van sondes nie iets is wat ons bewerk nie – dit is ‘n gawe van God, op grond van Christus se volmaakte werk.

Hierdie is die troos wat Romeine 8 aan ons voorhou:

Die Vader skenk ons vergewing van sondes

Die Seun verwerf vir ons vergewing van sondes

Die Heilige Gees laat ons vanuit die vergewing van sondes lewe

As God dan vir ons is, wie kan teen ons wees? Niks kan ons skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus ons Here is nie.