Evangelisasie-aksie
Groep 7: Sosiale Hulpverlening Tshwane.
Soos u weet is een van ons projekte om hulp te verleen aan armes in die Wolmer gebied. Ons doen dit deur middel van ondersteuning aan die Wolmer Gemeenskapsprojek, `n goedgeorganiseerde projek wat uitstekende werk doen.
| Baie dankie vir die winkel-sakkies en plastiekbakkies wat reeds ingekom het. Hoe meer , hoe beter.
Ons wil oor die fees-seisoen kos aan behoeftige gesinne verskaf. Vir die doel gaan ons 25liter plastiekemmers beskikbaar stel waarin die volgende items gepak kan word. Die emmers vol kerk kan toe gebring word en ons sal dit in Wolmer aflewer. Indien u nie kans sien om ‘n emmer vol te maak nie, kan u steeds van die items bring of selfs net 1 item. Ons sal dan die emmers vol maak. U kan ook finansieel bydra deur ‘n koevertjie gemerk “Wolmer projek” in die kollektesakkie te gooi. Baie dankie vir u ondersteuning. KOSEMMERS INHOUD
2kg rys 750ml olie 1kg koekmeel 500g poeiermelk 2x125g Moirs kitsvla 800g Baked Beans 2 x 425 Pilchard’s-in-tamatiesous 1 bottel aanmaakkoeldrank 2.5kg mieliemeel 3 x 300g “Boeliebeef” 250g kitskoffie 2.5kg suiker 500g sout 500g Macaroni/noedels 5 x koekie seep
|