Dr Douw Breed is vanaf 1 Mei tot 31 Julie met langverlof en sal DV 1 Augustus weer in die tuig wees. Ons bid hom en Elise die seën van die Here toe en vertrou dat hierdie rustyd hom nuwe kragte sal gee om sy diens aan God en die Gemeente voort te sit.
Tydens dr Douw se afwesigheid sal verskillende predikante eredienste lei terwyl ds Rassie Smit (emeritus Magalieskruin) ander predikanttake in oorleg met die Predikantbedieningskommissie sal hanteer. Oudl Jasper Steyn (tel.nr.012 460 8004 en 083 299 7431) is die sameroeper van dié Kommissie.