Skip to content
Menu

Vanoggend, Kersdag 2015, se erediens word gelei deur dr Douw. Aan die hand van Johannes 1 : 1 tot 14 (teksvers 14) is die tema van die erediens : “Juis die skokkende van Kersfees bied uitsig aan brose en verganklike mense”.

U kan die volledige preekskets lees deur op “Sketse” op die voorblad te klik. Die erediens is hoorbaar deur op “Oudio” te klik .Weens rekenaarprobleme is die video-uitsending van die erediens ongelukkig nie beskikbaar nie.

Ons sing tydens die erediens Psalm 45 : 1,6 en 16; Psalm 72: 10 en 11 en Skrifberyming 1-2 : 1, 2 en 3

Ons sing voor die erediens die volgende kersliedere:

1. O die goeie tyding

2. Kom, alle getroues

3. Die Heiland is gebore

4. O Christus ons verlange

5. Welkom , o stille nag van vrede (Somerkersfees)

6. Herders op die ope velde

7. Hoor die blye eng’le lied

8. Stille nag.

Ons wens al ons kykers en luisteraars ‘n geseënde Christusfees en geseënde en voorspoedige 2016 toe