Skip to content
Menu

Die Skriflesing vir vanoggend 24 Januarie se erediens is 1 Samuel 30 met vers 6 uit die Ou Vertaling as teksvers. Die tema is: “Versterk jou in die Here sodat die skokke van die lewe jou nie uit diens stel nie”. Die Bose gebruik skokke in die lewe as ‘n instrument om jou uit diens te stel.

Versterk jouself dus in die Here :

  • nugterheid is ‘n voorvereiste om my in die Here te versterk
  • ek moet bewustelik (in my nadenke en gebede) op die Here begin reken.

Ek kan op Hom reken want :

  • Hy is die Verbondsgod
  • Hy is “God”
  • Hy is “ons” God.

Die volledige preekskets vind u onder “Sketse” op die voorblad.

Ons sing vanoggend Lied 203 :1,2 en 3(vooraf) ; Ps.104 : 1, 17 en 20; Ps.67: 1 en 2 en Ps.91 : 5 en 8.

U kan die videoweergawe van die diens hieronder volg of deur op YouTube op die voorblad te klik

[youtube id=”lEIyADHIKxE”]