Vanaand 5 Maart se erediens is ‘n ruildiens en dr Douw ruil vanaand met ds Attie Venter van die Gk Annlin.
Ds Attie se tema vir die erediens is :” Die Engel van die Here trek laer om sy volk”.
Die Skriflesing is 1 Samuel 21 en Psalm 34.
Ons sing vanaand Psalm 33:11; Psalm 130:1, 2 en 4: en Skrifberyming 12-2:1 en 4.
U kan die erediens volg deur op die pyltjie hieronder te klik.