Vanoggend se erediens word deur RSG opgeneem vir uitsaai later in die jaar en volg ‘n spesifieke liturgie.
Vooraf is daar enkele verduidelikings m.b.t. die liturgie wat gevolg gaan word.
Daarna speel die orrelis ‘n kort inleiding gevolg deur ‘n verwelkomingswoord deur dr Douw sowel as ‘n kort oorsig oor ons gemeente.
Die erediens sal dan soos volg geskied ;
- Votum, seën, sing Psalm 9:1, 7 en 8.
- Geloofsbelydenis
- Verootmoediging, sing Psalm 4:3
- Gebed
- Skriflesing : 2 Korintiërs1:3 tot 11
- Woordverkondiging
- Gebed ; sing Skrifberyming 10-2(Onse Vader)
- Seën
Terwyl almal bly sit, speel die orrelis ‘n kort naspel. Dit word gevolg deur afkondigings, kollekte onder die diens (barmhartigheid) en kollekte by die deure.
Die tema van die erediens is :“Bemoedig om te kan uitdeel” en daarvoor is die Skriflesing 2 Korintiërs 1:3 tot 11 met vers 4a as teksvers. Die preekskets vind u deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Weens omstandighede buite ons beheer is die videouitsending nie beskikbaar nie.
https://youtu.be/dboJGiEBRgM