Die tema vir vandag 9 April se erediens is die :“Met die Konings se verhoor skitter die heerlike evangelie deur menslike valshede heen”
- Menslike valshede wat dreig om die evangelie te versmoor.
- God laat sy evangelie deur die valshede heen skyn.
Die preekskets wat u vind deur op “Sketse” op die voorblad te klik, brei uit op bostaande.
Die Skriflesing is Johannes 1:29 tot 34 en Johannes 19:1 tot 16.
Ons sing vanoggend Psalm 144:1 en 5; Psalm 19:1 en 2; Psalm 79:5, 6 en 9 en Skrifberyming 5-2:3, 4 en 5.
U kan die erediens in videoformaat volg deur hieronder op die pyltjie te klik.